SA hotelgroep bestee miljoene aan diesel weens beurtkrag

Die Suid Afrikaanse hotelgroep Sun International sê alhoewel sy inkomste geleidelik weer tot vlakke wat voor die Covid-19 pandemie aangeteken is, begin styg het, bly beurtkrag ‘n groot hindernis. Die groep sê hy verwag om in 2023 op ‘n maandelikse basis tussen 12 en 14 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan diesel te bestee om hotelle en casino’s operasioneel tydens die kragonderbrekings te hou. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt…