SA-hospitale amper 50% van beurtkrag vrygestel

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het die Departement van Gesondheid se besluit verwelkom om meer hospitale van beurtkrag vry te stel. Die getal het sedert die laaste aankondiging van die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, van 37 tot 72 hospitale toegeneem. Die vereniging se voorsitter, Mvuyisi Mzukwa, het egter sy kommer uitgespreek dat landelike hospitale opsygeskuif is. Hy het ‘n beroep op die departement en Eskom gedoen om dié hospitale in te sluit: