SA het minder vroue in plaaslike regering

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het sy kommer uitgespreek oor die afname in vroulike verteenwoordiging in plaaslike regering. Die persentasie vroulike verteenwoordigers het in 2021 se plaaslike regeringsverkiesing afgeneem tot 37 persent teenoor 41 persent in 2016. Die kommissie het vandag ‘n hoëvlak-bespreking in Johannesburg belê om struikelblokke te identifiseer en ‘n nuwe strategie vir geslagstransformasie te skep. Uitvoerende hoof Phelisa Nkomo sê geen wette dwing gelyke geslagsverteenwoordiging in verkiesings af nie, en daar is geen gekoördineerde nasionale program om vroue se politieke verteenwoordiging te bevorder nie.