SA-gyselaar in Mali moet ook vrygelaat word

Die familie van ‘n Suid-Afrikaner wat in Mali deur jihadiste gyselaar gehou word, het gister weer ‘n beroep gedoen vir sy vrylating, drie dae nadat ‘n Franse joernalis vrygelaat is. Die 47-jarige nood-paramedikus Gerco van Deventer is in November 2017 in Libië ontvoer. Drie mense wat terselfdertyd gevange geneem is, is sewe maande later vrygelaat. Van Deventer het egter in aanhouding gebly en is na Mali verskuif. Die hoof van die Suid-Afrikaanse hulporganisasie, Gift of the Givers, Imtiaz Sooliman, sê ‘ n onderhandelaar sal binne dae na Mali reis om ‘n beroep op die ontvoerders te doen.