SA gevangenes wil rekenaars gebruik om te studeer

‘n Volbank regters sal op 8 Oktober in die hooggeregshof in Johannesburg argumente aanhoor rakende die regte van gevangenes om skootrekenaars of rekenaars in hul selle te gebruik vir studiedoeleindes. Die departement van korrektiewe dienste teken appèl aan teen ‘n bevel wat toestemming aan drie Boeremag-lede verleen om rekenaars te hê terwyl hulle deur Unisa studeer by die Zonderwater-gevangenis naby Tshwane. Die hooggeregshof in Pretoria sê dit is ongrondwetlik om gevangenes hul reg op verdere opleiding te weier. Ander gevangenes het sedertdien soortgelyke aansoeke gebring en was suksesvol.