SA ekonomie ‘in haglike toestand’

‘n Onlangse verslag deur navorsers by die Harvard Growth Lab dui aan dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in ‘n haglike toestand is. Die gevolge van ineenstortende staatskapasiteit word gevoel in alle bedrywe, insluitend elektrisiteit, spoorweë, hawens en water, sowel as in die verskaffing van sekuriteit en die funksionering van munisipale regerings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Klaus Schade, ‘n navorsingsgenoot by die Ekonomiese Vereniging van Namibië, wat sy mening hieroor gelug het.

Schade het verder uitgebrei oor die Namibiese dollar wat aan die Suid-Afrikaanse rand gekoppel is. Ten spyte van omstredenheid bly hierdie reëling steeds positief vir Namibië.