SA dokters wat hul gemeenskapsdiens voltooi dalk werkloos

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging-vakbond sê 225 dokters wat hulle gemeenskapsdiens voltooi het, kan volgende maand werkloos wees. Volgens Samatu se sekretaris-generaal, Cedric Sihlangu, het die nasionale gesondheidsdepartement nie daarin geslaag om die gesondheidslui in te stelsel op te neem nie, ‘n ernstige gebrek aan personeel in dele van die gesondheidstelsel ten spyt. Intussen beskryf sommige dokters die stand van sake as ‘n misdaad teen pasiënte. Sihlangu eis ‘n hersiening van die oorbevolkte administrasie-bestuurstrukture in al die provinsies.