SA dok miljoene op weens geslagsgeweld

Die Suid-Afrikaanse minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het onthul die land dok miljoene op weens geslagsgeweld. Sy het tydens die Nasionale Vergadering se debat oor 16 dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders gepraat. Zulu het die regering se strategiese plan oor geslagsgeweld en vrouemoord uiteengesit en sê gesamentlik kan daar baie gedoen word om die euwel te beveg.