SA direkteur-generaal afgedank ná New Yorkse grondooreenkoms van R118

Die Suid-Afrikaanse direkteur-generaal van internasionale betrekkinge en samewerking is afgedank nadat hy vroeër geskors is. Minister Naledi Pandor het Kgabo Mahoai se afdanking aangekondig nadat hy skuldig bevind is aan growwe nalatigheid, growwe pligsversuim en die oortreding van wetlike verpligtinge. Dit hou verband met ‘n verknoeide New Yorkse grond-ooreenkoms van 118 miljoen rand. Daar is bevind Mahoai het in 2016 ‘n betaling aan die Simeka-groep bekragtig vir bouwerk aan die Suid-Afrikaanse diplomatieke sending in die Amerikaanse stad, maar die tesourie het dit nooit goedgekeur nie.