SA-busoperateurs is nie gedreig nie – minister

Die buurland se vervoerminister, Sindisiwe Chikunga, ontken bewerings dat sy busoperateurs gedreig het om besprekings om EFF-ondersteuners na verskeie gebiede aan te ry vir Maandag se betogings, te kanselleer. Die leier Julius Malema sê die party het meer as ‘n miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee om busse te huur om sy ondersteuners te vervoer, maar busoperateurs het hulle dienste ter elfder ure onttrek. Hy beskuldig die minister van sabotasie. Die ministerie se woordvoerder, Lwazi Khoza, sê die bewerings is ongegrond: