Amushelelo en kie sal vandag verskyn

Die regsman van die omstrede arbeidsaktivis, Michael Amushelelo, Kadhila Amoomo sê sy kliënt, en NEFF-lid Dimbulukeni Nauyoma sowel as PDM-LP Inna Hengari sal na verwagting vandag in die hof verskyn om formeel aangekla te word op verskeie klagtes. Amoomo het Woensdag gepoog om borg vir die drie te kry maar, was onsuksesvol. Intussen het die PDM ook skerp gereageer op die arrestasie van sy parlementslid. Die party se sekretaris-generaal Manuel Ngaringombe het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê sy is agter tralies as gevolg van ‘n apartheidswet. Die drie is gearresteer by die mislukte protes teen werkloosheid wat Dinsdag sou plaasvind.