SA-boere vies oor Nam, Bots se invoerbeperkings

Suid-Afrikaanse landbouprodusente sê die voortgesette groente-invoerbeperkings wat Namibië en Botswana toepas, benadeel hulle ondernemings. Die twee lande het invoerbeperkings op uitgesoekte agronomiese en tuinbougewasse ingestel om sodoende hulle eie gewasbedrywe te ontwikkel. Volgens die woordvoerder van AgriSA, Christo van der Rheede is die landboubedryf in die land onder geweldige druk weens die stygende koste van kunsmis, elektrisiteit en vervoer: