SA bly toegewy aan Regverdige Energie-oorgangsplan

President Cyril Ramaphosa het beleggers die versekering gegee die land is steeds toegewy aan sy Regverdige Energie-oorgangsplan, ondanks sy afhanklikheid van steenkool. Hy het in sy hoofrede op die vyfde jaarlikse Suid-Afrikaanse beleggingskonferensie in Sandton, Johannesburg, toegegee die land se energiekrisis het beleggers- en verbruikersvertroue geknou. Ramaphosa sê dit het belegging-sentiment en indrukke van Suid-Afrika geraak. Hy sê die regering doen alles in sy vermoë om ‘n oplossing te kry vir beurtkrag.