SA bly die middelpunt van MIV/vigs

Wetenskaplike kenners sê meer hulpbronne moet toegewys word aan die stryd teen MIV en vigs. Die Covid-pandemie het ‘n negatiewe uitwerking op MIV-toetspogings gehad, aangesien 230 000 nuwe MIV-besmettings en 83 000 vigs-verwante sterftes aangeteken is. ‘n Senior navorser aan die Universiteit van die Witwatersrand, Nomathemba Chandiwana, sê Suid-Afrika het die grootste antiretrovirale program en verbruik 20 persent van die wêreld se antiretrovirale middels, met byna vyf miljoen mense wat behandeling ontvang. Chandiwana sê Suid-Afrika bly die middelpunt van die epidemie.