SA-bierbedryf kry regsadvies oor drankverbod

Die Suid-Afrikaanse Biervereniging sê hy kry regsadvies oor wat hy beskryf as die onverstaanbare vierde verbod op alkohol. Die verbod is vir 14 dae ingestel as deel van die vlak-vier-inperkings wat tans van krag is. Die vereniging sê baie meer ondernemings is nou op die rand van sluiting weens die jongste verbod en die regering stel geen finansiële verligtingshulp beskikbaar nie. Volgens syfers in Mei deur Euromonitor International het die onwettige handel in drank sedert 2017 teen ‘n saamgestelde koers van 17 persent toegeneem.