SA beweeg na vlak drie

In Suid-Afrika het President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat die land na vlak drie van die Covid-19 inperking opskuif weens die skerp styging in die aantal infeksies. Ramaphosa sê gemiddeld 7 500 infeksies per dag is die afgelope week aangemeld. Opnames in hospitale weens Covid-19 het die afgelope 14 dae met 59 persent toegeneem teenoor die vorige twee weke. Hy sê die gemiddelde daaglikse Covid-19-sterftes het ook met 48 persent gestyg, van 535 twee weke gelede tot 791 die afgelope sewe dae. Ramaphosa sê die prioriteit is nou dat elke persoon wat dit nodig het, die beste moontlike gesondheidsorg moet ontvang: