SA bevestig uitleweringsbesoek vir Maren de Klerk

Suid-Afrika het aangekondig dat hulle ‘n uitleweringsversoek van Namibië ontvang het vir Maren de Klerk om tereg te staan in die voortslepende Fishrot-korrupsiesaak. ’n Verklaring wat vandag deur die buurland se ministerie van justisie uitgereik is, sê hulle het ’n versoek vir De Klerk se uitlewering op 15 Oktober 2021 ontvang. De Klerk word daarvan beskuldig dat hy sy trustrekening gebruik het vir die verspreiding van vermeende Fishrot-fondse na verskeie rekenings van die beskuldigdes. Verlede week het een van die beskuldigdes, Tamson Hatuikilipi, beweer dat geen uitlewering vir De Klerk van Suid-Afrika en ander beskuldigdes in Ysland gesoek is nie. Klagte teen De Klerk wissel van rampokkery, sameswering om ‘n misdryf te pleeg, bedrog, diefstal, geldwassery en verkryging, besit of gebruik van opbrengste van onwettige aktiwiteite. Die uitleweringsversoek, lui die verklaring, is aan Interpol en die Nasionale Vervolgingsgesag in SA gestuur om uitvoering te gee.