SA bespreek gedwonge sterilisasie van MIV-positiewe vroue

Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling bied van vandag tot Vrydag ‘n Seksuele en Reproduktiewe Geregtigheidskonferensie in Pretoria aan. Die konferensie dien as ‘n belangrike mylpaal vir die konsolidering van die werk wat die afgelope 24 jaar oor die Bevolkingsbeleid oor Seksuele en Reproduktiewe Gesondheid en Regte gedoen is. Die departementele woordvoerder, Lumka Oliphant, sê van die onderwerpe onder bespreking is die gevolge van gedwonge sterilisasie van MIV-positiewe vroue in gesondheidsorg-instellings in Suid-Afrika: