Gwyneth Paltrow verdedigig US$300 000 dagvaardiging

Hollywood aktrise Gwyneth Paltrow is tans in die hof na ‘n tref-en-trap ski-ongeluk in 2016. Sy verdedig aantygings dat sy Terry Sanderson ernstig beseer het. Hy dagvaar haar vir skadevergoeding van 300 000 Amerikaanse dollar vir beserings wat hy as ernstig beskryf. Die 50-jarige Paltrow, het na bewering tydens ’n gesinsvakansie buite beheer geski en hom by Deer Valley Resort in Utah getref. Sanderson, 76 jaar oud, beweer sy het hard in hom vas geski maar, sy sê hy het met haar gebots. Sy was besig om met haar nege-jarige te ski, wat ‘n beginner was en was dus, volgens haar, nie buite beheer nie.