SA-begroting het geen verrassings, Nam wag in spanning

Die Namibiese minister van finansies Ipumbu Shiimi sal vanmiddag sy begrotingsrede in die Nasionale Vergadering ter tafel lê. Dit volg nadat sy Suid-Afrikaanse eweknie, Enoch Gondongwana reeds Woensdagmiddag syne voltooi het. Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt sê die begrotingsrede was neutraal. Hy sê die verlaging in korporatiewe inkomstebelasting is nie ‘n verrassing nie aangesien dit reeds vroeër aangekondig is en dit eers volgende jaar in werking tree: