SA beamptes van binnelandse sake by Lebombo-grenspos in hegtenis geneem

In die buurland is twee binnelandse sake-amptenare vandag by die Lebombo-grenspos in Komatipoort, Mpumalanga, in hegtenis geneem. Die inhegtenisneming volg ná die Valke en die departement van binnelandse sake se korrupsie-eenheid 18 maande lank ondersoek ingestel het. Daar word beweer die amptenare het mense se paspoorte sonder hulle teenwoordigheid verwerk om hul verblyf in die land te verleng. Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die hof verskyn. Die minister, Aaron Motsoaledi, het gesê ‘n Mosambiekse smous is ook in hegtenis geneem.