SA-banke betrek by Zim-goudsmokkel bedrogspul

Verskeie sleutelbeamptes by drie groot Suid-Afrikaanse banke staan ‘n goudsmokkelbende by in ‘n geldwasseryskema om miljoene Amerikaanse dollar vanuit Zimbabwe na Dubai oor te dra. Volgens Al Jazeera se ondersoekende eenheid is die beamptes by Standard Bank, ABSA Bank en Sasfin Bank werksaam. Hulle is op die betaalstaat van Mohamed Khan, bekend as Mo Dollars, ‘n geldwasser wat vir Zimbabwe se sigaretmagnaat en smokkelaar Simon Rudland werk. Mo Dollars se broer Dawood Khan was ook vir hom werksaam. Hy kruip tans weg en het met Al Jazeera gepraat oor die vervalste dokumente wat hy geskep het om die kontant oor te dra.

Hy het bankbeamptes by die naam genoem. Hy sê die beamptes sou twyfelagtige geldoordragte van Khan se maatskappye moontlik maak en bewyse van die rekenaarstelsels verwyder, alles terwyl hulle maandelikse betalings in omkoopgeld van Khan ontvang. 

Die Suid-Afrikaanse banke het onderneem om ondersoeke na ongerymdhede te las. Die Suid-Afrikaanse skakel in die ondersoek volg na ambassadeur Uebert Angel in Zimbabwe op kamera gevang is waar hy ‘n goudsmokkelary bedrogspul bewerkstellig.