Dis Oscar se paroolverhoor vandag

ʼn Paroolraad sal vandag ʼn besluit neem oor Oscar Pistorius se aansoek om uit die gevangenis vrygelaat te word. Die voormalige Paralimpiese atleet het reeds die helfte van sy vonnis uitgedien vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, meer as tien jaar gelede in sy huis in Pretoria. Advokaat Nthabiseng Dubuzana sê die paroolpaneel sal waarskynlik ook bestaan uit die hoof van die gevangenis in Pretoria waar hy aangehou word, ʼn predikant of ʼn maatskaplike werker en ʼn verteenwoordiger van Steenkamp se familie: