SA astrofisikus slaan beurs van R1,9 miljoen los

‘n Astrofisikus aan die Universiteit van die Wes-Kaap, Michelle Lochner, het die Suid-Afrikaanse Jeug-akademie vir Wetenskap gehaal. Sy is een van net tien wetenskaplikes aan wie dié eer jaarliks betoon word. Lochner het ook ‘n beurs van 1,9 miljoen rand ontvang wat studente ondersteun wat aan projekte werk wat verband hou met die Chileense Vera C Rubin-sterrewag. Lochner ontwikkel nuwe masjien-leertegnieke wat data outomaties ontleed om nuwe wetenskaplike ontdekkings te bevorder. Die data-stelle kom van teleskope soos MeerKAT in die Noord-Kaap sowel as Chili se sterrewag.