SA arbeidswette moet verander om geweld teen vroue uit te wis

Die Suid-Afrikaanse arbeidsdepartement gaan huidige arbeidswette hervorm om diskriminasie en geweld teen vroue in die werkplek uit te wis. Minister Thulas Nxesi sê die Internasionale Arbeidsorganisasie-konvensie gaan ingestel word om die onding van geslagsgeweld in die werkplek die hoof te bied. Hy sê in ‘n verklaring die teistering van vroue is een van die grootste kwessies wat die werkplek besoedel en die konvensie sal dit op die lang duur help oplos. Argentinië, Fidji, Italië en Namibië het hulle reeds tot die konvensie verbind.