SA arbeidsminister teleurgesteld oor Transnet-staking

Die Suid-Afrikaanse minister van indiensneming en arbeid, Thulas Nxesi, het sy teleurstelling uitgespreek omdat Transnet en vakbonde nie tot ‘n vergelyk kan kom nie. Onderhandelings is aan die gang by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie te midde van ‘n loon-staking. Die vakbonde Satawu en UNTU sê hulle gaan nie enigiets minder as die huidige inflasiekoers van 7,6 persent aanvaar nie. Die werkgewer het net vier persent aangebied. Beide vakbonde is dit eens dat hulle nie die aanbod gaan aanvaar nie. Nxesi sê die staking raak sleutel-dele van ekonomiese bedrywighede.