SA arbeidsminister sê pandemie het swaar verantwoordelikheid op Nedlac geplaas

Die Suid-Afrikaanse minister van arbeid, Thulas Nxesi sê die pandemie het ‘n groot verantwoordelikheid geplaas – nie net op die regering nie, maar ook op maatskaplike vennote en Nedlac. Nxesi sê hy glo in hierdie tydperke van ekonomiese, maatskaplike en politieke krisis, is die behoefte aan maatskaplike gesprekke en sterk instellings soos Nedlac duidelik sigbaar. Hy sê President Cyril Ramaphosa het gister in sy nuusbrief uitgewys inenting en bekamping van Covid-19 is onlosmaaklik verbind aan ekonomiese herstel.