Shanghai-hospitaal sê tragiese stryd met Covid lê voor

‘n Shanghai-hospitaal het sy personeel aangesê om voor te berei vir ‘n “tragiese stryd” met Covid-19, aangesien hy verwag dat die helfte van die stad se 25 miljoen mense teen die einde van volgende week besmet sal word, terwyl die virus grotendeels onbeheerd deur China versprei. Na wydverspreide betogings teen die streng inperkingsmaatreëls, wat ‘n groot finansiële en sielkundige tol op sy 1,4 miljard mense geëis het het, het China vandeesmaand begin om beperkings te verslap. China se amptelike sterftesyfer sedert die pandemie drie jaar gelede in die land begin het, word bevraagteken en staan op ‘n fraksie van wat die meeste ander lande in die gesig gestaar het, maar dit lyk nou of dit skerp sal styg.