SA-aartappelboere het kommer oor invoere

Die Aartappel- en Groentekwekersforum in Suid-Afrika het gewaarsku teen die gevaar wat in aartappelkwekery in die land dreig. Dit volg op die onlangse verslapping van die beskemingsbelasting teen storting. Die risiko bestaan dat globale invoerders Suid-Afrika as primêre bestemming vir die stort van bevrore geprosesseerde aartappelprodukte sal gebruik. Goedkoper bevrore produkte uit lande soos België en Nederland mag die plaaslike mark oorvloei. Bruce Sanday van die forum sê dit kan aartappelboere en kwekers in die land lam lê.