SA 0-91 krieketkaptein ‘het geen kodes verbreek’

Krieket: Die kaptein van die buurland se nasionale onder-19-span, David Teeger, is van enige oortreding vrygespreek, nadat hy pro-Israelse opmerkings gemaak hy toe hy die Opkomende Ster-toekenning ontvang het tydens die Joodse Uitblinker-geleentheid in Oktober. Die hoofseun van King Edward-skool in Johannesburg het opgemerk die ware opkomende sterre is die jong soldate in Israel, waarna die Palestine Solidarity Campaign amptelik beswaar aangeteken het. Krieket Suid-Afrika het ʼn onafhanklike ondersoek gelas en daar is bevind Teeger het geen kodes verbreek of ongrondwetlik opgetree nie.