Shino praat snert, sy is verantwoordbaar aan ons – LPM

Die Landless People’s Movement hou ‘n beleidskonferensie vandag en môre in die hoofstad en het verskeie kenners genooi om die konferensie toe te spreek wat kenners soos Graham Hopwood en Ndumba Kamwanyah insluit. Die party het sy misnoeë uitgespreek oor die weiering van die petroleumkommissaris, Maggy Shino, om dit by te woon. Sy sê sy is ‘n staatsamptenaar en kan nie by ‘n politieke byeenkoms teenwoordig wees nie. Die party se woordvoerder, Lifalaza Simataa sê sy is verantwoordbaar aan die publiek, veral as gevolg van die belangrikheid van olie en gas in die land op die oomblik. Hy sê sy sou nie geskroom het om ‘n Swapo byeenkoms toe te spreek nie.