Rwandese volksmoord het vandag 29 jaar gelede begin

Dit is vandag 29 jaar sedert die begin van die Rwandese volksmoord. Die gru-periode in die land se geskiedenis het vandag in 1994 begin en geduur tot 15 Julie 1994. Hutus het Tutsis in die land geteiken en tussen 491 000 en 800 000 mense is vermoor. Die sekretaris-generaal van die VN Antonio Guterres sê die mensdom moet nooit vergeet nie.