Rwandese boere moet reënwatre bymekaar maak

Die landbouministerie in Rwanda moedig boere aan om die nodige maatreëls te tref om genoeg reënwater vir besproeiing op te vang indien dit nodig mag wees. Dit volg nadat die Alliansie vir ‘n Groen Rewolusie in Afrika, ‘n droër seisoen as gewoonlik voorspel in groot dele van Oos-Afrika tydens die Oktober tot Desember-tydperk. Die woordvoerder, Eugene Kwibuka, sê om boere by te staan in die voorspelde droër toestande, oorweeg die regering ‘n klein besproeiingsubsidie as een van die geleenthede wat boere kan benut.