Russiese vliegtuig met Oekraïnse krygsgevangenes stort neer

’n Russiese Ilyushin Il-76 militêre vervoervliegtuig het vandag naby die Oekraïnse grens neergestort, en die staatsnuusagentskap RIA het die ministerie van verdediging aangehaal wat sê dit het 65 Oekraïnse krygsgevangenes aanboord gehad. Hulle sou vir Russiese gevangenes verruil word. Die vliegtuig het 74 mense vervoer, insluitend ses bemanningslede en drie wagte toe dit neergestort het. Daar was geen onmiddellike inligting oor die oorsaak nie.