Russiese soldate onthoof glo Oekraïnse soldaat

Oekraïne het Rusland met die Islamitiese Staat-militantegroep vergelyk, nadat ‘n video aan die lig gekom het wat na bewering wys hoe Russiese soldate ‘n Oekraïnse soldaat onthoof. Oekraïne se minister van buitelandse sake, Dmytro Kuleba sê die video is veral kommerwekkend aangesien Rusland tans in die voorsitterstoel van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad is. Hy het ‘n beroep gedoen dat Rusland uit Oekraïne en uit die VN geskop moet word, en aanspreeklik gehou moet word vir sy oorlogsmisdade.