AfriForum dagvaar UJ oor beweerde bedrog  

AfriForum het ‘n regsaansoek teen die Universiteit van Johannesburg ingedien kragtens die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting oor beweerde bedrog en korrupsie tussen 2014 en 2017. Die burgerregte-organisasie wil inligting insamel oor die beweerde kaping van intellektuele eiendom van ‘n voormalige professor, Vivian Alberts. Ernst van Zyl van AfriForum sê die hofaansoek volg op die ongeoorloofde oordrag van sonkrag-tegnologie aan ‘n private maatskappy sonder Alberts se wete.