Russiese skielstilstand bied veilige pad vir burgers

Sowat 5 000 mense is uit die noordoostelike Oekraïnse stad Sumy ontruim tydens die eerste suksesvolle massa-ontruiming. Moskou het vir vandag nog ‘n humanitêre skietstilstand aangekondig sodat burgerlikes uit Kiëf, Chernihiv, Sumy, Kharkiv en Mariupol kan vlug. Ongeveer 1 000 motors kon die gebied verlaat in die rigting van die stad Poltava. Volgens die Verenigde Nasies het meer as 2 miljoen mense na raming uit Oekraïne gevlug sedert die Russiese inval op die 24ste van verlede maand.