Russiese referendums in die Oekraïne sal tot Dinsdag duur

Rusland se referendums in die Oekraïne, wat daarop gemik is om vier besette streke van die land te annekseer, duur voort. Kiëf het die stemmery as bedrog afgemaak het en sê enige uitslae sal nie erken word nie. Volgens berigte word mense verbied om sommige besette gebiede te verlaat totdat die vier dae lange stemming verby is en dat gewapende groepe huise binnegaan en inwoners dreig as hulle nie deelneem nie. Die referendum om deel van Rusland te word is blykbaar inderhaas ingestel nadat die Oekraïne vroeër die maand groot dele van die noordooste in ‘n teenoffensief herower het.