Russiese magte neem Kherson-hawe by Swartsee in

Russiese magte sê hulle het vandag ‘n Oekraïense hawe ingeneem terwyl Russiese en Oekraïense magte in ‘n stryd gewikkel is vir nog ‘n stedelike sentrum. Die Oekraïense president, Wolodimir Zelensky, sê Moskou wil sy land uitwis. Die konflik is verder aan die uitkring op die sewende dag van die inval en die Russiese weermag sê hy het beheer oorgeneem van die hawe Kherson aan die Swartsee in die suide van Oekraïne. Russiese valskermsoldate het ook in die tweede grootste stad, Kharkiv, geland en in straatgevegte betrokke geraak. Byna 836 000 vlugtelinge het reeds na buurlande uitgewyk.