Russiese en Britse ministers van verdediging gaan vergader

Die Russiese minister van verdediging het ‘n uitnodiging om sy Britse ampsgenoot, Ben Wallace, te ontmoet, aanvaar. Dis te midde van kommer oor ‘n dreigende inval in die Oekraïne. Die Britse minister van verdediging het verlede week aangebied om samesprekings met Sergei Shoigu te hou om gemeenskaplike kommer oor veilgheid te bespreek weens die spanning met die Kremlin oor sy gewese Sowjet-buurland. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake het Vrydag sy Russiese eweknie, Sergei Lavrov, in Switzerland ontmoet in ‘n poging om die spanning op die grens met die Oekraïne te ontlont. Moskou het reeds ‘n beraamde 100 000 soldate hier saamgetrek.