‘Russiese bevelvoerders gebruik soldate as oorlogsvleis’

Die Oekraïnse President Volodymyr Zelensky sê Russiese bevelvoerders is van lootjie getik en meen hulle voldoen nie aan die militêre gedragskode wat bevelvoerders behoort te toon nie. Op ‘n vraag hoekom Zelensky die aanmerking gemaak het, sê Kira Rudik, ‘n parlementslid in die Oekraïne, dat soldate as oorlogsvleis gebruik word.