Russe wil by Putin weet wanneer oorlog end kry

‘n Peiling het bevind gewone Russe wil by president Vladimir Putin weet wanneer die oorlog in Oekraïne gaan eindig. Die Levada-sentrum in Moskou het burgers gevra watter vraag hulle die president sal vra tydens die jaarlikse televisiegeleentheid op die 14de waartydens hy vir ‘n paar ure vrae regstreeks sal beantwoord. Daar word berig ook die Russiese opposisieleier, Grigory Yavlinksy, is ten gunste van ‘n wapenstilstand in Oekraïne as deel van sy presidensiële veldtog teen Putin. Hy glo dit is in Rusland se beste belang.