Russe vergader met gemeenskap, boere, oor uraanmyn

Die Stampriet Aquifer Uranium Mining-vereniging het met verteenwoordigers van Uranium One, gemeenskapslede van Aminuis en verskeie boereverenigings, die Kankervereniging van Namibië, en regeringsamptenare ontmoet. Dr. Roy Miller, ‘n ervare Namibiese geoloog, was ook teenwoordig. Volgens die inligting wat aangebied is, word beraam dat ‘n potensiaal van minstens 3 000 ton uraan vir 25 jaar ontgin kan word. ‘n Vinnige berekening teen huidige uraanpryse, beteken ‘n moontlike omset van 5 miljard Namibiese dollar. Die Namibiërs het ‘n professionele onafhanklike derdeparty-waterontleding versoek om die waterkwaliteit van die bekken vas te stel. Die Russe het duidelik gemaak dat die projek sal voortgaan en dat die tweede fase van toets- of loodsmynbou nou in die vooruitsig gestel word, hangende ‘n omgewingsimpakstudie.