Russe se omgewingskonsultant onttrek

Environmental Compliance Consultancy sê hy het sy professionele dienste by Headsprings Investment, wat vir uraan wil boor in die Stampriet-bekken onttrek. Die maatskappy was deur die Russiese filiaal van Uranium One aangestel om omgewingsimpak-studies, uit te voer. Maatskaplike kwessies het ook deel van sy ondersoek uitgemaak. Hy sê hy het ‘n ronde openbare konsultasies vir Headsprings uitgevoer, sowel as ‘n verwyingsraamwerk opgetrek vir die insitu-logingsproses voltooi. Die konsultasie-maatskappy sê onversoenbare verskille het tussen hom en Headsprings ontstaan en dus onttrek hy van die projek.