Russe sê dis voortydig om te sê oor Calle en die kabinet

Headspring Investment se kommunikasie konsultant Riaan van Rooyen sê dit is voortydig om kommentaar te lewer oor die landbouminister Calle Schlettwein se voornemens om die kwessie van uraan-eksplorasie in die Stampriet-bekken na die kabinet te neem vir oorweging. Schlettwein het reeds twee weke gelede by die NLU-kongres gesê dat sy beleidstandpunt is dat geen mineraaleksplorasie-boor- en in-situ-logingsaktiwiteite in enige akwifer sal plaasvind nie. Hy het vanoggend die kwessie so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.

Headspring Investment, ‘n filiaal van die Russiese uraanreus Uranium One, het na aanleiding van Schlettwein se aanmerkings by die kongres gesê hy bly hoopvol dat die drie betrokke ministeries, naamlik water, omgewing en myne, ooreen kan kom oor die pad vorentoe. Yanna Smith het meer.