Russe sal permit-kansellasie uitdaag

Headsprings Investments, wat onder die vaandel van die Russiese Rosatom en Uranium One vir uraan in die Stampriet-bekken by Leonardville eksploreer sê hulle sal die kansellasie van twee van hulle permitte uitdaag. Uranium One se president Andrey Shutov het in die land aangekom na Heasprings ingelig is oor die kansellasie deur die landbouministerie op 9 November. Volgens Shutov is die brief reeds op 17 November oorhandig aan hulle prokureurs. Hy sê alle bepalings en maatreëls is nagekom. Tot dusver is daar net minder as 444 miljoen Namibiese dollar in die projek belê met 120 werksgeleenthede. Boere in die Suide het groot kommer oor waterbronne.