Russe reageer op Sauma kommer

Uranium One het gereageer op die kommentaar deur die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, of Sauma, wat bekommerd is oor die omgewingsimpakstudie vir in situ loging van uraan. Die Namibiese filiaal van Uranium One, Headspring Investment het die studie uitgevoer vir ‘n proefaanleg op die plaas Tripoli, en dit is oop vir kommentaar. Riaan van Rooyen, kommunikasie konsultant van Uranium One, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.