Russe gaar medisyne op, miljarde word bestee

Anekdotiese data dui daarop dat talle Russe gespanne is oor die erge sanksies wat die Weste teen die land ingestel het. Die maatreëls is ‘n poging om Moskou te dwing om sy magte uit Oekraïne te onttrek. Dit het glo gelei tot miljoene Russe wat anti-depressante, slaappille en voorbehoedmiddels opgaar. Die inligting toon die Russe het ‘n maand se medisyne in slegs twee weke aangekoop. Inligting wat die DSM-groep vir die Vedomosti-koerant ingesamel het, toon die land se inwoners het van 28 Februarie tot 13 Maart, 270,5 miljoen medisinale items in apteke vir meer as 15 miljard Namibiese dollar aangekoop.