Bloedbank benodig skenkings om minimumvlak te behaal

Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het weer dringend bloed nodig. Sedert die begin van die jaar het hulle groot tekorte ervaar waar hulle die publiek voortdurend versoek het om bloed te skenk om sodoende hul eenhede bloed te verhoog. Die bloedbank benodig weer eens minstens ‘n minimum van 950 eenhede bloed. Titus Shivute van die vereniging moedig die publiek aan om bloed te skenk sodat die bank sy minimum teiken kan haal.