Rusland word grootste wapenverskaffer aan Oekraïne

Rusland het glo die grootste verskaffer van wapens aan Oekraïne geword sedert die land sy buurland in Februarie binnegeval het. Dit word toegeskryf aan die feit dat Oekraïnse magte talle  wapens soos tenks en gewere van Russiese soldate afgeneem het en dit gebruik. Moskou se onbeplande bydrae oortref verreweg die voorsiening van wapens uit Westerse lande. Die adjunk-stafhoof van ‘n Oekraïnse bataljon, Ruslan Andrikyo, sê hulle het op soveel wapens beslag gelê dat hulle nie eens weet wat om daarmee te doen nie.